
GEBORE
17 Sep. 1896
OORLEDE
25Okt. 1981
UNIVERSITEIT
Stellenbosch
GELEGITIMEER
1925
ORDEN
1926
STANDPLASE
1926 Machadodorp
1944 Mafeking
1947 Barkly-Oos
1957 uit bediening
EMERITEER
–
Ds. Jacobus Andries Theron (17.9.1896 – 25.10.1981) is in die hoë ouderdom van 85 jaar oorlede. Hy studeer op Stellenbosch en met sy legitimasie einde 1925, tree hy met sy bevestiging as leraar van Machadodorp in die Oos-Transvaal op 10.4.1926 tot die bediening toe. In Mei 1944 word hy leraar van Mafeking in die huidige Bophuthatswana en in Augustus 1947 van Barkly-Oos in Noordoos-Kaapland, waar sy bediening in 1957 tot ‘n einde kom. (Jaarboek 1983/267).