Theron, Abraham

 

GEBORE

11 Feb. 1913

OORLEDE

8 Des. 1966

UNIVERSITEIT

US

GELEGITIMEER

1954

ORDEN

1955

STANDPLASE

1955 Upington

1957 Randse Sekr Christelike Polisie- en Gevangenisdiensvereniging

1957 Upington-Noord

1965 Gamkavallei

EMERITEER

Theron, Abraham is op 11 Februarie 1913 gebore. In 1932 het hy reeds met sy studie op Stellenbosch begin, maar moes dit om finansiële redes onderbreek. Daarna het hy vyftien jaar lank by die Spoorweë gewerk voordat hy na Stellenbosch teruggekeer het. Hy is in 1955 as predikant gelegitimeer, en het kort daarna ‘n beroep na Upington aangeneem. In 1957 was hy die Randse sekretaris van die Christelike Polisie en Gevangenisdiensvereniging. Toe het hy as leraar na Upington-Noord gegaan, en in 1965 na die gemeente Gamkavallei. Op 8 Desember 1966 is hy op 53-jarige leeftyd as gevolg van ‘n hartaanval skielik oorlede.