GEBORE
20 Des. 1935
OORLEDE
02 Nov. 2009
UNIVERSITEIT
(BA, BA Hons)
GELEGITIMEER
1963
ORDEN
1964
STANDPLASE
1964 Marquard
1973 Welkom
1979 Bloemfontein
EMERITEER
1997
Ds. Malan Terblanche (BA, BA Hons) 20/12/1935 – 02/11/2009
Gert Malan Terblanche is op 20 Desember 1935 gebore en het op die plaas Middelkraal in die distrik Brandfort grootgeword. Volgens sy vrou is hy vernoem na dr DF Malan, wat iets sê van die politieke meelewing van sy familie. Malan se oupagrootjie, Gert Terblanche, was ‘n grondbaron wat ongeveer 60 000 morge besit het tussen Winburg en Bloemfontein, daarom was sy grootouers en ouers almal boere.
Malan se oupa, Gert Pretorius Terblanche, is as 13-jarige penkop tydens die Anglo-Boereoorlog gevange geneem en na Indië gestuur. Hy het op die skip The City of Vienna na SA teruggekeer en weer van voor af op die plaas begin. Hy is met ‘n vrou van lerse afkoms, Gertruida Sophia Painter, getroud. Malan se oupa Gert was ‘n diep godsdienstige mens en het ‘n groot invloed op sy jong lewe gehad, en dit was sy begeerte dat sy kleinseun predikant moes word. Sy droom is bewaarheid toe Malan in 1963 gelegitimeer is, en ‘n verdere toegif was toe ‘n ander kleinseun en sy naamgenoot, Gert Petrus Terblanche (Berg-en-Dal, Bloemfontein); in 1973 tot die bediening toegelaat is.
Malan het hom van jongs af geroepe gevoel om predikant te word en het van kleins af vlot Sotho gepraat. Hy het dikwels vir sy speelmaats op die plaas vanaf ‘n seepkissie gepreek. In 1941 het sy skoolopleiding aan die Laerskool Verkeerdevlei begin en sedert 1948 was hy ‘n leerling aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein, waar hy deelgeneem het aan toneel, redenaars, rugby en stoei.
Nadat hy gematrikuleer het aan die Hoërskool Sentraal, het hy ‘n paar jaar by Die Volksblad in die Rosestad gewerk en vir die graad BA (Admissie) aan die UOVS in Bloemfontein gestudeer. Hy het ook as tolk in die Bloemfonteinse Landdroshof opgetree om geld vir sy studie te verdien. Aan die UOVS het hy ‘n Honneursgraad in Volkekunde behaal. In 1960 het hy na Stellenbosch vertrek, waar hy aan die Kweekskool gestudeer en ondervoorsitter van die Studenteraad was. Intussen was Malan betrokke by die Departement Volkekunde op Stellenbosch met sy Meestersgraad toe sy studieleier prof Bruwer in ‘n ramp vlug naby Oos-Londen sterf.
Malan Terblanche is aan die einde van 1963 as proponent van die NG Kerk gelegitimeer, dieselfde jaar waarin die inrigting ‘n volwaardige fakulteit geword het. Hy het sy proefpreek in die NG Strooidakkerk in die Paarl gelewer.
In sy finalejaar is Malan op 13 April 1963 met Anna Visser, dogter van Jannie Visser, parlementslid vir Windhoek, getroud. Anna het ‘n BA-graad op Stellenbosch verwerf en ook ‘n Diploma in deling in die NGKA op Senekal-Noord geword. Tydens ds. Fanie se laaste sinode was hy saam met sy seun by die sinode, ‘n besondere oomblik vir pa en seun. Roelie het sy doktorsgraad verwerf en is tans ‘n Bybel vertaler in Rusland. Sy seun Stevie is ‘n onderwyser, en Mariaan is ‘n verpleegster.
Na ds. Fanie en Joey van der Spuy se aftrede het hulle in 1988 teruggetrek na Parys, waar hy tot sy dood ‘n ouderling was in die NG Gemeente Parys-Oos. Later het hulle in die Sally-Mark-oord in Parys gewoon, waar hy op 9 September 2008 oorlede is. Sy begrafnisdiens is waargeneem deur ds. Annatjie Lamprecht, ‘n geliefde bedienaar van die Woord wat groot werk onder bejaardes in Parys doen. – Dr Gerdrie van der Merwe VDM.