TEOLOGIESE SEMINARIUM

Eerste Teologiese Seminarium

Vir meer as honderd jaar na die ontstaan van die Kaapse Kerk moes predikante van elders gewerf word. Voornemende Kaapse teologiese studente moes teen groot koste en baie opofferings oorsese opleiding ondergaan. Die eerste Sinode van 1824 het reeds ‘n ontwerpplan vir ‘n Seminarium op die agenda gehad. Die Sinode van 1857 sou die oprigting van ‘n teologiese seminarium finaliseer. Op 1 November 1859 is die Seminarium in die ou Drosdy op Stellenbosch geopen. Die eerste hoogleraars was ds John Murray en ds NJ Hofmeyr.