GEBORE
28 Nov. 1931
OORLEDE
01 Okt. 1992
UNIVERSITEIT
BA (UOVS); US
GELEGITIMEER
1958
ORDEN
1959
STANDPLASE
1959 Heilbron
1961 Queenstown
1964 Prieska
1967 Parow-Wes
1972 Knysna
1978 Die Paarl
EMERITEER
–
Jacobus Johannes (Kobie) Swart is op 28 November 1931 op Kestell gebore. Sy eerste skooljare was op Grahamstad en daarna op Somerset-Oos waar hy aan die Gill Kollege matrikuleer. Hy behaal die BA-graad aan die UOVS en gee onderwys aan die Opleidingskool vir onderwysers te Clarkebury, Transkei.
In 1953 gaan hy na die Universiteit van Stellenbosch vir verdere studie. In daardie jaar verteenwoordig hy die Suid-Afrikaanse Universiteite, WP, OP, OVS en die Grens as hekkiesatleet. In 1955 kry hy die eerste keer Springbokkleure teen die besoekende Duitse Atletiekspan en oortref die Suid-Afrikaanse rekord in die 220 tree-hekkies. In 1958 word hy gekies om na die Statebondspele in Cardiff te gaan. Voor die Spele toer die span deur Duitsland en word hy daar die eerste Suid-Afrikaner wat die 120 tree-hekkies onder 14 sek afgelê het. Op die Cardiff-spele wen hy ‘n silwermedalje.
In 1955 tree hy in die huwelik met Hermine Conradie. Drie dogters, Louise, Anneke en Kobie-Hermien, is uit die huwelik gebore.
Ds. Swart voltooi sy studie aan die Kweekskool einde 1958 en bedien die volgende gemeentes: Heilbron 1959 – 1961, Queenstown 1961 – 1964, Prieska 1964 – 1967, Parow-Wes 1967 – 1972, Knysna 1972 – 1978 en Die Paarl. 1978 – 1992.
Op 1 Oktober 1992 sterf hy onverwags aan breinbloeding en laat sy vrou, drie dogters, skoonseun en twee kleinkinders agter. (- S Marais)