Sutherland, Henry

Ds Henry Sutherland

GEBORE

21 Oktober 1790

OORLEDE

18 Febr. 1879

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1824

ORDEN

1824

STANDPLASE

1824 Worcester

EMERITEER

1859

De Wel.-Eerwaarde Zeer Geleerde Heer Henry Sutherland, Op den 18den Februarij 1879,-in zijn 88ste levensjaar, Eerste Predikant in de Gemeente van Worcester, alwaar hij in het Evangelie gearbeid heeft van 1824 tot 1859, wanneer hij Emeritus geworden is. (Jaarboek)

Ds. Henry Sutherland (Paisley, Skotland 21 Oktober 1790; 18 Februarie 1879) was een van die eerste Skotse predikante wat dr. George Thom op versoek van goewerneur lord Charles Somerset gewerf het om die tekort aan predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk aan te vul en te help om die regering se verengelsingsbeleid uit te voer.

Hy tree in 1824 in diens van die NG Kerk as een van die proponente wat Thom se kommissie in Glasgow gewerf het. Die ander was di. Alexander Smith en William Ritchie Thompson, wie se eerste gemeentes onderskeidelik Uitenhage en Stockenström (eers as sendeling en van die gemeente se stigting in 1832 af as leraar) was. Aberdeen se kommissie het di. Andrew Murray sr., Colin Fraser en George Morgan, wat onderskeidelik op Graaff-Reinet, Beaufort-Wes en Somerset-Oos geplaas is, gestuur.

Worcester se gemeente was sowat drie jaar lank na sy stigting in 1821 vakant, juis weens die tekort aan predikante aan die Kaap. Ds. Sutherland is in September 1823 as predikant vir die Kaapse Kerk georden en het Worcester van 1824 af 36 jaar tot by sy aftrede bedien. Tydens sy tyd is die kerkgebou en pastorie opgerig en ’n pragtige preekstoel, deur twee De Vos-broers uitgesny, aan die gemeente geskenk. Oor hom skryf Ons gemeentelike feesalbum: Hoewel nie ’n uitnemende geleerde nie, het ds. Sutherland uitgemunt in die gebedslewe, godsvrug en sagmoedigheid, wat die stempel van die Skotse predikante was.” Hy tree in 1859 af en sterf in 1879.

Sy opvolgers was twee seuns van nog ’n baanbreker uit die Skotse kerk, ds. Andrew Murray sr., naamlik dr. Andrew Murray en daarna ds. William Murray, wat vir ’n herlewing op Worcester verantwoordelik was. Hy was die stigter van die skool vir dowes en blindes, wat later in twee moes deel weens ’n skerp toename in leerlinge.

Die dorp Sutherland is na hom vernoem omdat hy as leraar van Worcester die nuwe gemeente, wat in 1855 gestig is, se eerste konsulent was.

Geskryf deur Morne van Rooyen.