GEBORE
1 Sep. 1904
OORLEDE
28 Jun. 1984
UNIVERSITEIT
US; Princeton
GELEGITIMEER
1937
ORDEN
1938
STANDPLASE
1938 Bethal
1942 Alberton
1945 Durban
1946 Geduld
1948 Carnarvon
1951 Queenstown
1955 Brakpan-Wes
1961 Hartbeeshoek
1967 Villieria-Oos
EMERITEER
–
Ds. Jeremia Jacobus (Jac) Struwig (1.9.1904 – 28.6.1984); wat 2.3.1975 na ‘n lang en geseënde bediening in nege gemeentes en in drie provinsies vir die tweede keer geëmeriteer is, is in Pretoria Oorlede. Hy ontvang sy teologiese opleiding op Stellenbosch en in Princeton, VSA waar hy ook ‘n meestersgraad verwerf. Na sy legitimasie in 1937 word hy op 22.1.1938 in Bethal bevestig. Daarna staan hy agtereenvolgens in Alberton (1942); Durban (1945); Gedulduitbreiding (nou Springs-Noord) (1946); Carnarvon (1948); Queenstown (1951); Brakpan-Wes (1955) en Hartbeeshoek (1961); In 1965 aanvaar hy sy emeritaat, maar in 1967 keer hy na die aktiewebediening terug om nog sowat agt jaar leraar van Villieria-Oos (Pretoria) te wees. Hy het sy plek in die verskillende kerklike bedrywighede en ook in die wyer gemeenskap vol gestaan en oral gewaardeerde diens gelewer.