Stroebel, Pieter Truter

 

GEBORE

23 Nov. 1874

OORLEDE

5 Jan. 1938

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1900

ORDEN

1902

STANDPLASE

George (Hpr.)

1904 Griekwastad

1911 Komga

1927 Herbertsdale

EMERITEER

Stroebel Pieter Truter is te Knysna op 23 November 1874 gebore. Na hy te George gematrikuleer het, het hy hom toegelê op die wet by ‘n prokureursfirma. In 1897 is hy na die Kweekskool te Stellenbosch waar hy in 1900 sy proponentseksamen afgelê het. Sy eerste vaste werkkring was te George as hulpprediker van 1902 tot 1904. Te Griekwastad beroepe het hy daar gearbei tot 1911. Van hier is hy na ‘n ander grensgemeente, Komgha, waar hy onvermoeid voortgewerk het tot 1927, toe hy ‘n beroep na sy laaste gemeente, Herbertsdale, aangeneem het en na 11 jaar arbeid aldaar is hy op 5 Januarie 1938 sy ewige rusingegaan.