Strauss, Hendrik Johannes

 

GEBORE

OORLEDE

30 Mrt. 1958

UNIVERSITEIT

GELEGITIMEER

1934

ORDEN

1935

STANDPLASE

Roossenekal (Hpr.)

1940 Eppingtuin

1946 Daniëlskuil

1949 Gamka-Oos

EMERITEER

Ds. Hendrik Johannes Strauss is in 1934 gelegitimeer en het agtereenvolgens in die gemeentes Roos-Senekal, Eppingtuin en Daniëlskuil gestaan. In 1949 het hy die beroep na Gamka-Oos (Beaufort-Wes) aangeneem, waar hy met groot ywer en vrug gearbei het tot sy skielike en onverwagte heengaan op 30 Maart 1958, slegs 50 jaar oud. Van hom word gesê: „Dit is algemeen bekend dat sy gemeente een van die bes bearbeide gemeentes in Kaapland is. Hy het sy kragte nie gespaar nie.” Die pragtige kerk is ook tydens sy bediening gebou. Hy het op verskeie sinodale kommissies gedien. Daar word ook besonder gewag gemaak van sy belangstelling in en ywer vir die jong mense en by name vir die KJV., ‘n saak wat hom baie na aan die hart gelê het.