
GEBORE
1 Aug. 1860
OORLEDE
17 Okt. 1930
UNIVERSITEIT
–
GELEGITIMEER
1889
ORDEN
1890
STANDPLASE
1890 Klerksdorp
1910 Germiston
1918 Hendrina
EMERITEER
1926
Ds. Jacob Willem Gideon Strasheim is 1 Augustus 1860 gebore uit ouers wat, ongeveer 1850 uit Holland na Suid-Afrika gekom het. Hy het sy eerste skoolonderwys as mede sy voorbereidende studie tot die Kweekskool ontvang onder sy ouer broer Pieter, het eers onderwyser was op Swellendam en in De Paarl en later predikant geword het. In 1889 tot die Evangeliebediening toegelaat is hy op 25 April 1890 georden en bevestig as herder en leraar van die gemeente Klerksdorp. Hy het sy amptelike lewe, wat hom oor meer as 36 jaar uitgetrek het in die Transvaalse Kerk deurgebring, want in 1910 het hy ʼn beroep aangeneem na Germiston en in 1918 het hy die eerste vaste leraar geword van die gemeente Hendrina. Laasgenoemde gemeente het hy bedien tot 1926, toe hy na bereiking van die pensioenouderdom sy emeritaat aanvaar het. Daarna het hy op Johannesburg gaan woon om sy ruste geniet, dog gerushet hy eintlik nie want wanneer sy kragte hom toegelaat het en waar hy daartoe in die geleentheid was, het hy die evangelie met gloed en opgewektheid verkondig waartoe hy dan ook goeie gawes van hart en verstand gehad het. Hy het al die lang jare van sy bediening met vreugde en seën gearbei. Op ‘n besoek ter wille van sy gesondheid by familie betrekkinge in Kaapstad, is hy op 17 Oktober 1930 in die Volkshospitaal oorlede en twee dae later uit die Groote Kerk in die kerkhof te Mowbray begrawe.