GEBORE
5 Nov. 1898
OORLEDE
12 Nov. 1964
UNIVERSITEIT
–
GELEGITIMEER
1925
ORDEN
1926
STANDPLASE
1926 Wellington (Hpr.)
1927 Douglas
1930 Queenstown
1940 Kaapstad (Studenteleraar)
1944 Moorreesburg
1947 Stellenbosch
EMERITEER
1964
Ds. Theunis Christoffel Botha Stofberg is op 5 November 1898 gebore. Hy is in 1925 gelegitimeer. Sy eerste gemeente was Wellington, waar hy ‘n jaar lank as hulpprediker opgetree het. Toe het hy agtereenvolgens die gemeentes Douglas en Queenstown bedien, waarna hy studenteleraar in Kaapstad geword het. In 1944 is hy na Moorreesburg, en sedert 1947 tot by sy emeritaat in 1964 was hy leraar van die moedergemeente Stellenbosch. Gedurende sy bediening was hy lid van talle sinodale kommissies, en tien jaar lank scriba van die Kuratorium van die Kweekskool. Tot by sy dood was hy ook voorsitter van die skoolkomitee van die Hoër Meisieskool Bloemhof. Hy was die vriend van oud en jonk. Op 12 November 1964 is hy aan ‘n hartaanval oorlede in die ouderdom van 66 jaar.