Steyn, Hendrik Pieter Marthinus

 

gebore

9 Sep. 1886

OORLEDE

5 Jan. 1963

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1916

ORDEN

1917

standplase

Steytlerville

1922 Sekr. B. en B. Bybelgenootskap

1948 Alg. Sekr. B. en B. Bybelgenootskap

EMERITEER

1955

Dr. Hendrik Pieter Marthinus Steyn is op 9 September 1886 in die distrik Utrecht, Natal, gebore. Eers het hy geboer, en in 1905 het hy tot die sakelewe toegetree, maar twee jaar later het hy besluit om predikant te word. Hy is in 1916 gelegitimeer. Sy eerste gemeente was Steytlerville, waar hy vier jaar gewerk het totdat hy in 1922 in diens van die B. en B. Bybelgenootskap getree het. Hy is as een van die kragtigste kanselredenaars van sy tyd beskou. Van die begin van sy loopbaan af het hy alles in die stryd gewerp om Afrikaans as kerktaal erken te kry. Hy was ook een van die vernaamste dryfkragte wat daarvoor verantwoordelik was dat die Bybel in Augustus 1933 in Afrikaans kon verskyn. As hoofsekretaris van die Bybelgenootskap het hy ook baie gedoen om die Bybel in inboorlingtale vertaal te kry. Hy het die amp van hoofsekretaris altesame 33 jaar beklee. Die Universiteit van Stellenbosch het hom ‘n eredoktorsgraad toegeken ter erkenning van sy groot werk. Hy is op 14 Augustus 1963 skielik oorlede in die ouderdom van 76 jaar.