Steijl, Douw Lodewyk

 

gebore

11 Nov. 1891

OORLEDE

21 Feb. 1967

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1919

ORDEN

1920

standplase

 1920 Humansdorp (Hpr.)

1921 Odendaalsrus

1929 Port Elizabeth-Sentraal

1949 Venterstad

EMERITEER

1957

Ds. Douw Lodewyk Steyl is op 11 November 1891 gebore en het aan die einde van 1919 sy studie op Stellenbosch voltooi. Na byna ‘n jaar as hulpprediker op Humansdorp het hy predikant van Odendaalsrusgeword, waar hy agt jaar lank gearbei het, daarna was hy 20 jaar lank predikant van Port Elizabeth-Sentraal. Toe het hy beroep na Venterstad aangeneem, waar hy in 1957 sy emeritaat aanvaar het. Sedertdien het hy die geestelike versorging van die pasiënte in Kimberley se hospitale met groot vrug waargeneem. Gedurende sy dienstyd het hy hom veral vir die opvoeding en vir die opheffing van die minder gegoede Afrikaners beywer. Hy is onverwags op 21 Februarie 1967 in die ouderdom van 75 jaar Oorlede.