Steenkamp, Willem Jacobus

 

gebore

7 Aug. 1930

OORLEDE

17 Aug. 1988

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1955

ORDEN

1956

standplase

1956 Deben

1960 Dutoitspan

1964 De Aar-Suid

EMERITEER

Ds. Willem Jacobus Steenkamp (7.8.1930 – 17.8.1988) is gebore op die plaas Uitkoms in die distrik Calvinia. Hy was getroud met mej. Magrieta (Trixie) Nel. Hy verwerf sy BA-graad in 1951 aan die Universiteit van Stellenbosch en in 1955 voltooi hy sy studies aan die Teologiese Kweekskool. Ds. Steenkamp het met ywer en toewyding ses gemeentes bedien, nl. Deben (1956); Du Toitspan (1960); De Aar-Suid (1964); Thornton (1968); Welkom-Suid (1975) en Wesselsbron-Noord (1980); Benewens sy baie getroue pastorale werk en ernstige Woordbediening, het hy in die bevordering van die werk van die Here in elke gemeente waar hy was, behalwe in Thornton, ‘n kerk of ‘n pastorie gebou. Hy het veral die sending op die hart gedra en waar hy ook al gewerk het, het hy die sending op elke moontlike wyse bevorder. Daar was feitlik geen kommissie van die kerklike werksaamhede waarop hy nie gedien het nie. Hy was vir jare lid van die Sinodale Kommissie vir Diens van Barmhartigheid, die Sinodale Kommissie vir Ampsbediening en Evangelisasie, die Sinodale Proratakommissie in die O V S en juis omdat hy soyeel ondervinding in die verband gehad het, was hy ook lid van die Kommissie vir Kerkbouprojekte. Sy bediening was gekenmerk deur erns en toewyding en ‘n kinderlike vertroue dat die Here self Sy koninkryk sal laat kom. Hy was gesteld op ‘n eie toegewyde lewe. Vir hom was die premie nooit te hoog nie, en van niemand het hy ooit iets verwag wat hy nie reeds in sy eie lewe aan die Here oorgegee het nie. Hy is na ‘n kort siekbed Oorlede. Hy word oorleef deur sy eggenote en drie kinders.