Steenkamp, Johannes Andries Jacobus

Ds JAJ Steenkamp

GEBORE

23 Jul. 1907

OORLEDE

26 Feb. 1972

UNIVERSITEIT

Sending-Instituut

B.Econ., M.Th.

GELEGITIMEER

1931

ORDEN

1935

STANDPLASE

1935 Seleka;

1937 Machadodorp;

1939 Ermelo;

1944 Upington;

1949 Port Elizabeth;

1955 Zionskerk  Paarl;

1961 Sekr. Skiereilandse Sendingraad;

1966 Bonteheuwel, met opdrag Skiereilandse Sendingraad

EMIRITEER

Ds. Johannes Andries Jacobus Steenkamp wat agttien jaar lank moderator van die Kaapse Sending sinode was, is op 26 Februarie 1972 na ‘n lang siekbed in Goodwood oorlede. Op 23 Julie 1907 gebore, voltooi hy in 1931 die teologiese kursus aan die Sending-Instituut op Wellington. Daarna lewer hy hulpdiens in die moedergemeentes Keimoes en Kanoneiland, totdat hy hoof word van die Bethesda-Normaalskool naby Pietersburg. Van 1935 af bedien hy die sendinggemeentes Seleka, Machadodorp (1937); Ermelo (1939); Upington (1944); Port Elizabeth (1949) en Zionskerk (Paarl) (1955); Sedert 1961 is hy sekretaris van die Skiereilandse Sending raad, ‘n amp wat hy onder moeilike omstandighede met die grootste toewyding en sorg vervul. Hy dien jare lank in die moderatuur van die Sending sinode, totdat hy moderator word en ook in die hoedanigheid bewys hy waardevolle dienste aan die Sendingkerk en die Kleurlingbevolking. Hy was ‘n geliefde en geagte leraar, wat deur sy bekwaamheid en sy besadigde optrede by sinodes meermale in moeilike situasies gewaardeerde leiding kon gee. Te midde van ‘n vol werkprogram verwerf hy die grade B. Ekon. (1941) en M.Th. (1953); Een van sy seuns is ds. C. H. Steenkamp van Ceres-Vallei, terwyl sy broer, ds. J. H. Steenkamp, lank moderator van die Sinode van Suidwes-Afrika was. (Jaarboek 1973/467).