
gebore
2 Apr. 1888
OORLEDE
16 Okt. 1983
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1916
ORDEN
1917
standplase
1917 Alberton
1920 Clarens
1928 Theunissen
1931 Hartbeesfontein
1953 Emeritus
1962 Albanie
EMERITEER
1963
Ds. Salomon Johannes Stander (2.4.1888 – 16.1O. 1983); wat met sy welige baard veral tydens die Tweede Wêreldoorlog ‘n bekende figuur in die openbare lewe was, is op die hoë leeftyd van 95 jaar in Pretoria Oorlede. Hy het sy teologiese studie einde 1916 op Stellenbosch voltooi en is op 23.6.1917 in sy eerste gemeente, Alberton, bevestig. Later staan hy in die twee Vrystaatse gemeentes Clarens (1920) en Theunissen (1928); voordat hy in Augustus 1931 weer Transvaal toe kom om tot sy aftrede op 23.6.1953 predikant van Hartebeestfontein te wees. Sedertdien doen hy in verskeie gemeentes afloswerk en van 1962 af behartig hy die klein Oos-Kaaplandse gemeente Albanie (Riebeek-Oos); waar hy egter op 18 Junie die volgende jaar die tuig weer neerlê. As student het hy etlike jare vir Stellenbosch rugby gespeel en op Germiston was hy die stigter van die eerste Afrikaanse toneelgeselskap. In die onstuimige jare van Wêreldoorlog II was hy hoofgeneraal van die Ossewabrandwag (OB) in Wes-Transvaal en later ook voorsitter van die beweging se Grootraad. Een van sy twee dogters was die eggenote van ds. D S Jacobs wat na ‘n 30-jarige bediening in verskeie Transvaalse gemeentes in Oktober 1980 in ‘n motorongeluk omgekom het.