Spies, Barend Abraham

Ds. Spies Barend

gebore

4 Jan. 1876

OORLEDE

19 Okt. 1965

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1910

ORDEN

1910

standplase

Heidelberg, Kaap

1921 Warden

1949 Emeritus

1951 Lichtenburg-Wes

EMERITEER

1955

Ds. Barend Abraham Spies: Hy is op 4 Januarie 1876 gebore. Op 21-jarige ouderdom het hy hom geroepe gevoel om predikant te word; toe het hy vir die eerste keer skool toe gegaan, by Dal Josaphat, Paarl. Nege maande later is hy oorgeplaas na st. 5, en drie jaar later het hy sy skoolopleiding voltooi en na Stellenbosch gegaan vir verdere studie. Na ses jaar daar is hy as proponent na Holland, waar hy binne agttien maande sy doktorale eksamen met lof afgelê het. Sy eerste gemeente was Heidelberg, K.P., waar hy in 1910 bevestig is.

Ds. en mev. B.A. Spies

Elf jaar later is hy na Warden, O.V.S., waar hy geseënde arbeid verrig het tot sy aftrede in 1949. Twee jaar lank het hy in die gemeente Lichtenburg-Wes gehelp en het toe, op 75-jarige ouderdom, ‘n beroep daarheen aangeneem, waar hy met groot seën gearbei het totdat by in 1955 finaal sy emeritaat aanvaar het. Daarna het hy nog enige jare in verskeie gemeentes gehelp. Sy vernaamste kenmerke was sy fenomenale geheue en sy ywer vir die sending. Hy is op 18 Oktober 1965 in Pretoria oorlede, byna 90 jaar oud. (Jaarboek 1967/567).