Snyman, Jacobus Wilhelmus

Ds. Snyman Jacobus

gebore

31 Jan. 1894

OORLEDE

13 Jul. 1946

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1918

ORDEN

1919

standplase

George (Hpr.)

1919 Oudtshoorn

1921 Albertinia

1926 Robertson

 1932 Kruisvallei

1935 Tulbagh

1938 Oos-Londen

1946 Villiersdorp

EMERITEER

Ds. Jacobus Wilhelmus Snyman is op 31 Januarie 1894 te Rietvlei, Weenen, Natal, gebore. Hy het gestudeer aan die Natalse Univereiteitskollege, Pietermaritzburg, en die Victoria Kollege, Stellenbosch. Sy teologiese opleiding het hy aan die Kweekskool ontvang en aan die einde van 1918 is hy gelegitimeer. Op 20 Julie 1919 is hy as hulpprediker van George georden, maar hy is nog in dieselfde jaar as medeleraar te Oudtshoorn bevestig. Na ‘n tweejarige bediening is hy na Albertinia waar hy tot 1926 gestaan het toe hy medeleraar te Robertson geword het. In 1932 is hy na Kruisvallei. Hier was hy saam met sy kollega Ds. de Vos van Tulbagh, ‘n middel in Gods hand om in 1935 ‘n vereniging tussen die twee gemeentes tot stand te bring en toe het hy ook predikant van Tulbagh geword. In Oktober 1938 is hy te Oos-Londen bevestig waar hy gedurende ses jaar ‘n groot werk gedoen het. Hy was ‘n harde en toegewyde dienskneg van sy Meester en sy bediening was geseënd. Die Kerk het sy waarde geken en het hom dusop belangrike kommissies gebruik. Veral in verband met die Armesorg en die Kommissie vir die Doofstomme en Blinde-Instituut, het hy baie gedoen. Ook was hy lid van die Raad van die Kerke en die Proponents-eksamenkommissie. Soos bekend was hy ook Scriba van die Sinode. In April 1946 is hy te Villiersdorp bevestig maar weens ongesteldheid moes hy verlof neem en op 13 Julie 1946 is hy Oorlede.