Smit, Mattheus Theodorus Rehuel

Ds. Smit Matheus

gebore

9 Jan. 1888

OORLEDE

30 Mei 1972

UNIVERSITEIT

 –

gelegitimeer

1916

ORDEN

1917

standplase

1917 Ugie

EMERITEER

1936

Ds. Mattheus Theodorus Rehuel Smit, stigter van die kinderhuis wat sy naam dra op Ugie in Oos-Kaapland, is op 9 Januarie 1888 op Kommisiedrif naby Rustenburg gebore en op 30 Mei 1972 in die Strand Oorlede. Nadat hy die skooleindeksamen afgelê het, gaan hy vir verdere studie eers na Wellington en toe na Stellenbosch met die oog op sy voorbereiding vir die bediening. Hy lê die kandidaatseksamen af en tree toe vir ‘n tyd lank as veldprediker in Wêreldoorlog I op. In 1916 word hy gelegitimeer en in Mei van die volgende jaar op Ugie bevestig, waar hy tot sy aftrede in 1936 onafgebroke arbei en opheffingswerk van onskatbare waarde verrig. Daar het hy hom die lot van die griep wese van 1918 aangetrek en die versorgingsoord opgerig wat mettertyd ons Kerk se grootste kinderhuis word. Hy was ‘n man met ‘n warm hart en met vêrgesigte uit die geloof gebore. Tydens die jare van sy bediening en daarna het hy hom met skryfwerk besig gehou en daar het ‘n hele aantal werke uit sy pen verskyn. (Jaarboek 1973/466).