Smit, Barend Hermanus

 

gebore

17 Apr. 1940

OORLEDE

15 Jun. 1992

UNIVERSITEIT

 –

gelegitimeer

ORDEN

1968

standplase

1968 Prieska

1971 Horison

1974 Prieska (Copperton)

1975 Vergesig

1980 Somerset-Oos

1989 Demissie

1991 Tygerberg

EMERITEER

Ds. Smit is gebore in Kuruman se wêreld en gelegitimeer in 1967 na studie op Stellenbosch. Hy dien agtereenvolgens in die volgende gemeentes: Prieska (09.03.1968 – 19.06.1971); Horison (tot 1974); Prieska met standplaas Copperton (tot 17.01.1975); Vergesig (tot 17.01.1980) en Somerset-Oos (tot 27.07.1989); waarna hy sy demissie aanvaar het vir verdere studie. In 1991 word hy weer beroep na Tygerberg, maar sterf kort daarna. In September 1986 het sy geneeshere hom meegedeel dat hy aan ‘n soort kanker van die longvlies ly wat deur inaseming van asbesvesel veroorsaak word. Vir hom was die siekte ‘n geweldige ervaring en hy het met die Here geworstel om sy wil agter te kom. Talle mense het intens vir hom gebid. Hy het onwrikbaar begin glo dat die Here hom sal genees. Uiteindelik is hy in Bloemfontein geopereer en 4 kilogram kankergewas is weggesny en daarna het hy chemoterapeutiese behandeling ondergaan. In 1987 het hy by die Sinode van Oos-Kaap getuig van sy wonderbaarlike genesing, want vanaf 25 Januarie 1987 het hy weer sy werk in die gemeente hervat en was hy ‘n jaar na die operasie, in sy eie woorde, weer “volkome gesond”. Hy het ook daaroor getuig in Die Kerkbode van 11 November 1987.