GEBORE
1 Jan. 1939
OORLEDE
12 Sep. 1985
UNIVERSITEIT
BA (Hons) (US); UP
gelegitimeer
1967
ORDEN
1968
standplase
1968 Koffiefontein
1972 Hennenman
1976 Heilbron-Suid
1982 Brixton
Emeritus
–
Ds Jacobus Johannes Sevenster, sedert vroeg 1982 predikant van Brixton (Johannesburg); se heengaan aan kanker in die vroeë ouderdom van 46 jaar was vir sy gemeente, sowel as vir die Ring van Johannesburg-Wes, ‘n swaar slag. Nadat hy sy BA (Hons) op Stellenbosch gekry en in 1967 in Pretoria waar hy verder gestudeer het, gelegitimeer is, word hy op 10.2.1968 as leraar van Koffiefontein, OVS, bevestig. In Junie 1972 gaan hy na Hennenman en daarna bedien hy nog ‘n Vrystaatse gemeente, Heilbron-Suid, van vroeg 1976 tot Desember 1981, voordat hy Transvaal toe gaan. Twee jaar lank was hy ringskriba, ‘n taak wat hy tot kort voor sy heengaan met groot bekwaamheid vervul het. Hy word onthou vir sy eerlike, hardwerkende ingesteldheid, sy sprankelende persoon en sy mooi humorsin’. Hy het die gemeente van die Here as sy dienskneg bearbei en sy boodskap met oortuiging gebring. Ondanks die agteruitgang in sy gesondheid gedurende die laaste jaar van sy lewe sit hy sy werk voort. Op die Sondag voor sy dood lei hy nog die erediens en twee dae voor sy heengaan het hy nog jongmense vir hul laaste gesprek voor belydenisaflegging by hom.