GEBORE
6 Jan. 1735
OORLEDE
3 Febr. 1819
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1757
ORDEN
1757
standplase
1760 Kaapstad
Emeritus
1804
Ds. Johannes Petrus Serrurier, (1769) Kaapstad 1769 – 1802 emeritus 1804, obiit 1819.
Johannes Petrus Serrurier was afkomstig van Amsterdam. Hy het hom in 1753 vir teologiese opleiding aan die Universiteit van Leiden ingeskryf en word in 1759 georden. Hy is in Amsterdam aangestel as predikant van die NG Kerk Kaapstad en het in 1760 diens aanvaar. Hy woon in Longmarketstraat 26 en later op die hoek van Venus- (later Koningin Victoriastraat) en Waalstrate.
Hy staan vir 44 jaar in diens by die Groote Kerk en was bekend vir sy kragtige predikingsvaardighede. Van die merkwaardighede waarby hy betrokke was in sy bedieningstyd sluit in: hy begrawe goewerneur Tulbagh in 1771; hy hou die eerste erediens van ‘n vergrote Groote Kerk en lewer die eerste preek vanaf die pragtige preekstoel wat ontwerp is deur Anton Anreith; die inwyding van die Strooidakkerk, Paarl op 28 April 1805, en die inwyding van die preekstoel in die Sendinggestig, Langstraat, Kaapstad. Hy emeriteer in 1804.