Schutte, Andries Daniel

 

GEBORE

8 Feb. 1908

OORLEDE

16 Okt. 1975

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1944

ORDEN

1945

standplase

1945 Piketberg

1947 Noorder-Paarl

1958 Noordeinde

1961 Burgersdorp

Emeritus

Ds Andries Danie Schutte (8.2.1908 – 16.1O. 1975) was reeds krank toe hy sewe weke voor sy plotselinge heengaan sy emeritaat aanvaar het. Hy bekwaam hom aanvanklik as onderwyser en hou ‘n aantal jare skool voordat hy vir sy verdere akademiese en sy teologiese vorming na Stellenbosch gaan. Einde 1944 gelegitimeer, arbei hy met voorbeeldige toewyding, ywer en erns agtereenvolgens in Piketberg (1945); Noorder-Paarl (1947); Noordeinde Port Elizabeth (1958) en Burgersdorp (1961). (Jaarboek 1977/312).