
GEBORE
18 Aug. 1857
OORLEDE
16 Julie 1938
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1890
ORDEN
1893
standplase
Bloemfontein (Hpr.)
1895 Upington
1906 Cedarville
1909 St. Stephens
Emeritus
1917
Ds. Alexander Gustaaf Timon Schoevers is van geboorte ‘n Hollander. Op 18 Augustus 1857 aldaar gebore, het hy as kind met sy ouers in Suid-Afrika kom woon. Na sy opleiding te Stellenbosch is hy in 1893 as predikant gelegitimeer. In daardie jaar is hy na Bloemfontein as hulpprediker, en na twee jaar het hy die uitgestrekte gemeente van Upington elf jaar lank gaan bearbei. In 1906 het hy die beroep na Cedarville aangeneem en was hier net vir drie jaar werksaam toe hy na Kaapstad vertrek om as leraar van die St. Stephens-gemeente in 1909 bevestig te word. Die was sy laaste gemeente en in 1917 het hy goedgevind om sy emeritaat te aanvaar. Stil en rustig het hy te Seepunt met sy eggenote gaan woon tot 16 Julie 1938, toe hy sag ontslape is in sy Heer en Meester, wat hy so trou gedien het.