Roux, Gerhard Wachtendonck

GEBORE

15 Mrt. 1908

OORLEDE

24 Okt. 1994

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1935

ORDEN

1937

standplase

Masjonaland

1951 Karatara

1960 Kokstad

1963 Southfield

Emeritus

Ds. Gerhardus Wachtendonck Roux BA 15.03.1908 – 24.1O. 1994

Gerhard Roux is op 15 Maart 1908 op die plaas Doornrivier, beter bekend as Rouxpos in die Swartbertberg, distrik Laingsburg as die jongste van drie kinders gebore. Reeds vroeg in sy lewe hoor hy die roepstem om predikant te word. Hy was nog baie klein toe hy eendag van die soldertrap afgeval het omdat hy te vurig daar staan en ”preek” het. Hy gaan uiteindelik na Stellenbosch waar hy sy teologiese studies in 1935 voltooi en gelegitimeer word.

Die eerste gemeente wat hy bedien het, is Livingstone in die destydse Noord-Rhodesië. Daarna hoor hy die roepstem van die sending en gaan hy op 17 April 1937 na die Masjonalandsending in die huidige Zimbabwe. Daar ontmoet hy ‘n sendingonderwyseres Brünhide Elliot van Oudtshoorn met wie hy in 1939 getroud is. Uit die huwelik is drie seuns en ‘n dogter gebore.

Hy verlaat die sending en gaan na Karatara op 6 Oktober 1951 en op 30 Januarie 1960 keer hy terug na die Republiek en wel na Kokstad. Vanaf 6 April 1963 bedien hy die gemeente Southfield tot by sy aftrede op 25 Maart 1973.

Na sy aftrede woon die Rouxs, eers weer op die plaas Rouxpos, daarna (in 1980) gaan hulle na die Strand en toe (vanaf 1983 tot 19901) na Sedgefield, maar weens verswakte gesondheid vestig hy en sy eggenote Brunnie hulle seden 1990 op Worcester waar hulle seun, ds. Hans Roux, predikant is. Hy het ook die voorreg gehad om saam met sy seun in 1969 die Kaapse Sinode by te woon.

Hoewel reeds op gevorderde leeftyd, het hy steeds sy plek as ouderling in die gemeente en in sy wyk volgestaan totdat hy op 24 Oktober na ‘n kort siekbed in die ouderdom van 86 jaar oorlede is.

Hy word oorleef deur hulle vier kinders en 14 kleinkinders.

Ds. Roux was ‘n eerbiedwaardige godsman en het, soos Abraham en die ander geloofshelde van die Bybel, voor die aangesig van God gewandel (Coram Deo); Almal wat hom geken het, praat van sy opregte en innige vroomheid. Hy was inderdaad ‘n gebedsmens. As persoon was hy nooit prominent nie, eerder beskeie, maar veral pligsgetrou. Sy pastorate werk was vir hom baie belangrik. In sy prediking was daar erns en Skrifgetrouheid. Hy het baie klem gelê op persoonlike geloofsekerheid, ook tydens sy huisbesoeke. DJ Viljoen.

Is op 15 Maart 1908 op die plaas Doornrivier, beter bekend as Rouxpos in die Swarbertberg, distrik Laingsburg as die jongste van drie kinders gebore. Reeds vroeg in sy lewe hoor hy die roepstem om predikant te word. Hy was nog baie klein toe hy eendag van die soldertrap afgeval het omdat hy te vurig daar staan en ”preek” het. Hy gaan uiteindelik na Stellenbosch waar hy sy teologiese studies in 1935 voltooi en gelegitimeer word.