GEBORE
24 Mei 1896
OORLEDE
7 Okt. 1986
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1927
ORDEN
1928
standplase
1928 Prieska
1943 Barrydale
1950 Die Strand
Emeritus
1961
Ds. Andries Stephanus Roux (24.5.1896 – 7.1O. 1986) is gebore op Heidelberg (Transvaal); Hy het self by geleentheid geskrywe dat Joh. 3:37 en 38 die keerpunt in sy lewe gebring het wat veroorsaak het dat hy vir sendeling gaan studeer het. Hy studeer aan die Sendinginstituut op Wellington en word in 1927 gelegitimeer. In 1929 tree hy in die huwelik met Susanna Wilhelmina Redelinghuys. Na enkele maande in Vosburg (moeder- en sendinggemeente) word hy op 10 November 1928 in Prieska bevestig. Reeds op Prieska het ds. Roux ‘n bydrae tot die ontwikkeling van die onderwys gelewer en gedurende sy bediening is drie plaasskole opgerig. Op 30 Januarie 1943 word hy in sy tweede gemeente, Barrydale, bevestig. Ook hier beywer hy hom vir die onderwys en word ‘n sendingskool gedurende sy bediening opgerig. Hy slaag ook daarin om die gemeente in ‘n moeilike tyd in sy geskiedenis te help om hulle skuld te delg. Op 18 Maart 1950 word hy in die Strand bevestig waar hy tot met sy emeritaat sou arbei. Ook in die Strand word ds. Roux onthou vir sy ywer vir die onderwys. Die Strand het op die vooraand gestaan van groot uitbreidings en ds. Roux slaag daarin om ‘n perseel vir ‘n skoolgebou te bekom en ‘n skool ‘op te rig. Na verkryging van sy emeritaat vestig hy hom in die Strand, waar sy eggenote hom in 1974 ontval. Op 7 Oktober 1986 sterf ds. Roux in die geseënde ouderdom van negentig jaar, op daardie tydstip een van die oudste lewende sendelinge van ons kerk. Hierdie dienskneg van die Here het met opregte nederigheid, maar met groot waardigheid in diens van sy Meester gestaan en vrugbare arbeid verrig.