Rosslee, Diederick Daniel

Ds. Rosslee Diederik

GEBORE

19 Nov. 1922

OORLEDE

30 Sep. 2009

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1950

ORDEN

1951

standplase

1951 Suid-Rand

1956 Vredefort

1960 Reitz-Wes

1969 Ontdekkers-Noord

1974 Potchefstroom-Noord

Emeritus

1988

Dr Danie Rosslee (BA, MA, BTh, MTh, DPhil) 19/11/1922 – 30/09/2009

Diederik Daniel Rosslee is op 19 November 1922 op Villiers in die Vrystaat gebore. Sy ouers was Jozua Francois Rosslee en Sophia Elizabeth Jacobs, wat die Here as boere in die distrik gedien het. Danie het eers in ‘n plaasskool op Putfontein skoolgegaan en in 1940 aan die Hoërskool Villiers gematrikuleer. Hierna het hy twee jaar lank geboer voordat hy geroepe gevoel het om predikant te word. In 1943 het hy na die destydse Universiteitskollege (later die UOVS) in die NG Kerk gelegitimeer, en op 4 Junie 1951 is hy met handoplegging in die NG Gemeente Du Plessis bevestig. (Die gemeente was tussen Indwe en Elliot.) Hy is ook toegelaat om te boer op ‘n klein plasie om sy inkomste aan te vul, en was aktief betrokke in die Transkei-sending. Hannes is op 4 Junie 1953 met Elna Theron in Oos-Londen getroud, en uit die huwelik is drie kinders gebore: Rita, Karen en Wilhelm.

In 1960 het Hennes geroepe gevoel om verder te studeer en het hy demissie met behoud van statusaanvaar sodat hy hom op Stellenbosch as kliniese sielkundige kon bekwaam. Aan die begin van 1962 het die gesin na Transvaal verhuis, waar Hannes betrokke was by die sentrums Staanvas en Onesimus, die kerk se alkoholiste vereniging. In di. tyd het Hennie in die kerkraad van die NG Gemeente Aasvoëlkop gedien, waar dr Beyers Naude die leraar was. Hy was dikwels in die spervuur omdat hy oortuig was dat die Bybel nie die apartheids teologie steun nie. In 1965 het hy as verteenwoordiger van Suid-Afrika ‘n lesing by ‘n internasionale konferensie in Oslo, Noorweë, gelewer.

In 1966 het hy leraar van die NG Sendingkerk in Wynberg geword en omdat hy nie geldelik van die Moederkerk afhanklik wou wees nie, het hy as sielkundige by die William Slate-hospitaal in die Kaap gewerk, ‘n privaat praktyk in die Groote Kerk-gebou in Kaapstad bedryf en die Life Line-telefoondiens in die Moederstad begin. In 1969 het hy ‘n beurs gekry om navorsing oor groepterapie op kerklike terrein in Amerika te doen. Daarna (in 1971) het hy ‘n kliniese sielkundige in Kaapstad geword en in 1973 het sy pad teruggeloop na die gemeentebediening.

Die naweek van 16 tot 18 Februarie 1973 is hy as leraar van die NG Gemeente Durban-Wes bevestig, waar hy tot aan die begin van die tagtigerjare gewerk het. Dit was besondere jare, ook toe hulle in die plaaslike NG Kerksaal dienste in Zoeloe gehou het.

In 1981 is hy as predikant na Ramot beroep, met opdrag kliniese sielkundige, waar hy uitstekende werk gelewer het tot met die aanvaarding van sy emeritaat op 3 Mei 1991. N sy emeritaat het hy nog ‘n jaar lank uitgehelp. Van 1992 af was hy die organiseerder van die CAD in Wes-Kaapland, en in 1996 is hy deur die NG Strooidakkerk in die Paarl aangestel as pastorale hulp in Huis Vergenoeg. Hy is op 15 Desember 2009 oorlede en die diens is deur ds. Hennie van Rensburg in die Strooidakkerk waargeneem.

Ds. PetrusTheron van Ramot skryf oor sy kollega: “Ds. Hannes Smith was een van ‘n klein groepie predikante vir wie die interaksie tussen die sielkundige en geestelike aspekte van gelowiges so belangrik was dat hulle nagraadse studie in die sielkunde onderneem het, ‘n internskap in kliniese sielkunde deurloop het, en as kliniese sielkundige geregistreer het. Hy sal onthou word vir sy mooi balans tussen humor en erns, idealisme en realisme, empatie en objektiwiteit, en die vermoë om personeel en pasiënte te onderskraag ʼn te konfronteer. Hy het die leed van pasiënte en hulle gesinne diep aangevoel, maar met humor en geloof oor die pyn getriomfeer. As die vaderfiguur op die personeel, het hy sy jonger medewerkers tot bepeinsing geroep met die uitleg van die Woord, en op die regte tyd ook weer die spanning met ‘n kwinkslag gebreek.”

Oor sy kennis en passie vir sy werk Bloemfontein vertrek vir sy voorstudie. Hy was ‘n inwoner van Huis Abraham Fischer en het aktief leiding geneem, rugby gespeel en gehelp met die stigting van die ASB.

Danie het ook leiding geneem in die Calvinistiese vereniging en die NG Kerkvereniging op die Vrystaatse kampus. In 1945 het Danie sy BA-graad voltooi, en daarna die MA in Staatsleer, MTh, Diploma in Teologie en die DPhil (in 1959) verwerf. Danie was besonder skrander en het al sy grade cum laude behaal.

Tussen 1947 en 1950 het hy aan die Teologiese Seminarium op Stellenbosch gestudeer en aan die einde van 1950 is hy as proponent gelegitimeer. Sy eerste beroep was na die NG Gemeente Suidrand in die omgewing van Johannesburg, waar hy op 24 Maart 1951 met handoplegging ontvang en bevestig is. Op 5 Januarie 1956 het sy pad na die NG Gemeente Vredefort geloop. Na goeie jare onder die boeremense het hy die dorp verlaat en op 2 September 1960 leraar van die NG Gemeente Reitz-Wes geword. Hier het hy ‘n nuwe pastorie gebou.

Op 12 Junie 1969 is Danie in die NG Gemeente Ontdekkers-Noord bevestig, en op 18 Januarie 1974 het hy leraar van die NG Gemeente Potchefstroom-Noord geword. In die Sinodale gebied van Wes Transvaal was Danie eers skriba en later moderator van die sinode. Hy is vier keer afgevaardig om sy sinodale gebied in die Algemene Sinode te verteenwoordig. Hy het hierdie gemeente met oorgawe en liefde bedien tot met sy aftrede op 3 April 1988.

Na sy aftrede het Danie op Potchefstroom gebly en deeltyds as prediker opgetree en hulpdienste in die VGK op Potchefstroom aangebied. Op sy oudag het dr Danie al hoe meer na sy mening die omvangryke ongeregtigheid in die samelewing aangevoel en hom geskaar by dr Willie Jonker se skuldbelydenis en verootmoediging. Dit het hom dikwels in die spervuur gebring. Dr Danie het skryf: “Ek voel dit is ‘n dringende roeping om die groot dade van God, volgens Amos, in verband te bring met belangrike gebeurtenisse in my lewe. En wat dit vir myself nog meer aangrypend maak, is dat dit in die goue jare na my emeritering gebeur het.” – Dr Gerdrie van der Merwe VDM.