Roman Catholic Mission

Aanvankilk was dit die Protestantse Genootskappe wat aan die Kaap gewerk het. In 1805 maak die Rooms Katolieke kerk ook hul toetrede. Hulle begin ‘n suksesvolle stasie by Marianhill in Natal in 1882 en brei ook later uit na ander dele van Natal en die Vrystaat. In Lesotho stig hulle die bekende Roma stasie in 1862 en vestig ‘n sterk kerk in die land.