GEBORE
7 Aug. 1908
OORLEDE
4 Jun. 1978
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1932
ORDEN
1934
standplase
1934 Transkei (Hpr.)
1935 Roos-Senekal (Hpr.)
1937 Melsetter
1946 Glaudina
1949 Boegoeberg
Emeritus
–
Ds Ockert Stefanus Albert Robertson (7.8.1908 – 4.6.1978) was ‘n seun van die gemeente Mosselbaai. Ook hy studeer aan die Stellenbosse Universiteit en Kweekskool en na sy legitimasie in 1932, word hy 6.7.1934 as hulpleraar in die Transkeisending bevestig. Die volgende jaar gaan hy as hulpprediker na Roossenekal en Maart 1937 as tydelike hulpprediker na Melsetter in Rhodesië, waar hy sewe maande later as leraar van die gemeente bevestig word. Met sy aankoms daar ly die gemeente swaar aan die gevolge van Ooskuskoors en die depressie, terwyl ‘n ongelukkige gees van wantroue en verdeeldheid soms selfs sy voortbestaan as gemeente bedreig. Die wrywing word in sy tyd uitgewis en toe die sinode ook sy kerkskuld afskryf, gaan die gemeente ‘n rooskleuriger toekoms tegemoet. Vroeg 1946 vertrek hy na Glaudina en September 1949 begin sy bediening van twintig jaar in sy laaste gemeente, Boegoeberg (Groblershoop); Gedurende die laaste jare van sy bediening het sy gesondheid aansienlik versleg. Sy hoë roeping het hy in stilte, maar met getrouheid vervul. Hy is op Rustenburg oorlede, waar hy die laaste vyf jaar van sy lewe gewoon het. (Jaarboek 1979/270).