Retief, Ignatius Ferreira

Ds. Retief Ignatius

GEBORE

22 Sep. 1917

OORLEDE

1 Apr. 1990

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1942

ORDEN

1945

standplase

1943 Bloemfontein-Wes (Hpr.)

1945 Sterkstroom

1949 Fraserburg

1959 Nelspruit

1961 Vereeniging

Emeritus

Ds. Ignatius Ferreira Retief (22.9.1917 – 1.4.1990)

Hy was van Paardekraal-Monument het op 17 Mei 1987 sy emeritaat aanvaar na ‘n bediening van 45 jaar. ‘n Paar dae tevore het die Dagbestuur van die Sinodale Kommissie van Wes-Transvaal afskeid geneem van ‘n gewaardeerde en geliefde broer wat sy pad in die bediening eervol voltooi het. Hy is op 1 April 1990 in die ouderdom van 72 jaar op Krugersdorp aan ‘n hartaanval Oorlede. Ds. Natie Retief was ‘n seun van wyle ds. C W Retief van Paul Roux, terwyl sy vrou ‘n dogter is van wyle prof F Postma, ‘n voormalige rektor van die PU vir CHO. Hy het in 1943 sy studie op Stellenbosch voltooi en as hulpleraar in Bloemfontein-Wes begin. Daarna het by die gemeentes Sterkstroom, Fraserburg, Nelspruit, Vereeniging en sedert 1972 Paardekraal-Monument bedien. Hy het sy pastorale werk altyd met getrouheid en deeglikheid verrig en die Woord suiwer verkondig. Reeds in 1965 is hy as aktuarius van die Sinode van Suid-Transvaal benoem en by die verdeling van die Sinode in 1972, het hy die eerste aktuarius van die nuwe Sinode van Wes-Transvaal geword. Hy het die amp beklee tot hy in 1983 as assessor gekies is. Hy was dusaltesaam 22 jaar ‘n Moderatuurslid van Suid- en Wes-Transvaal. As kenner van die gereformeerde kerkreg het sy advies altyd groot gewig gedra. In kerkvergaderings het hy sy standpunt duidelik en vrymoedig gestel en afgevaardigdes het met respek na hom geluister. Sy optrede is deurgaans deur nederigheid, vriendelikheid en hoflikheid gekenmerk. As die oudste afgevaardigde leraar het hy in 1986 die konstituering van die Algemene Sinode waargeneem. Ds. Retief laat sy vrou, Nietsie, vyf kinders en vyftien kleinkinders agter.