Retief, Charl Wynand * 1882

 

GEBORE

6 Aug 1882

OORLEDE

3 Jul. 1952

UNIVERSITEIT

US

gelegitimeer

1908

ORDEN

1909

standplase

1909 Gibeon

1911 Garies

1913 Dealesville

1919 Paul Roux

Emeritus

1945

Ds. Charl Wynand Retief is in 1908 gelegitimeer en in 1909 te Gibeon bevestig. As predikant te Gibeon het hy baanbrekerswerk moes doen. Na twee jaar is hy na Garies waar hy tot 1913 werksaam was toe hy na Dealesville verhuis het vir 6 jaar en toe na sy laaste gemeente Paul Roux waar hy vir 26 jaar gestaan het. In 1945 het hy sy emeritaat weens swakke gesondheid aanvaar en sedertdien in die distrik Dullstroom gewoon. Hy het ‘n aktiewe deel geneem in die Sinodes en in belangrike kommissies van Vrystaatse Kerk en het baie gedoen vir die saak van die onderwys in die Vrystaat. Veral het hy ʼn groot bydrae gelewer om UKOVS ʼn groot stoot te gee tot die bereiking van sy universitêre status. Ds. Retief is op 3 Julie 1952 in die ouderdom van 70 jaar oorlede.