NG Gemeente Rensburg

gestig

16 Mei 1950

ring

Ring van Heidelberg

adres

Romeinsraat 50, Rensburg

Eerste predikant

Ds. J. Oglethorpe

Die NG Gemeente Rensburg is ‘n gemeente in die Hoëveld Sinode.

Die gemeente was vroeër deel van die histories belangrike Heidelberg, Transvaal, en is in Mei 1950 onder die naam Rensburgdorp daarvan afgestig. Die eerste leraar, ds. J. Oglethorpe, is drie weke ná die afstigting beroep en op 14 Julie deur ds. P.J. Viljoen van Heidelberg in sy amp bevestig. Die bruidskat van die moedergemeente het ‘n sierlike kerksaal ingesluit, wat so gebou is dat dit moontlik later in ‘n kerk verander kon word.

Die ledetal van die gemeente was ‘n jaar of wat ná die stigting 860, van wie die grootste deel arm mense was. Meestal was hulle bouers, padwerkers, mynwerkers en pensioentrekkers. Hier was ook twee groot industrieskole (nywerheidskole) waarheen veral seuns uit swak huislike omgewings en uit weeshuise gekom het.

Die eerste Dankoffer van die gemeente het alreeds die mooi som van £1150 ingebring. Die kerkraad het besluit om ‘n gemeenskapsaal op te rig. Dit sou die eerste van sy soort op die dorp wees. Daar is ‘n begin gemaak met sendingwerk in die plaaslike township en alhoewel die aanvoorwerk nie baie bemoedigend was nie, is tog geglo dat die seën van die Here daarop sou rus.

In 1970 het die belydende lidmate 602 getel, in 1990 was dit 959, maar teen 2020 het dit teruggesak tot 603.

Predikante