Rautenbach, George Edward

Ds. Rautenbach George

GEBORE

29 Mrt. 1932

OORLEDE

31 Jan. 2000

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1957

ORDEN

1958

standplase

 1958 Dalview

1962 Nelspruit

1964 Herman Steyn

1966 Arconpark

Emeritus

 

Ds. George Edward Rautenbach (BA, Dipl. Teol.) 29/03/1932 – 31/01/2000

Die predikant was ‘n bouer, organiseerder en bewaker. Hy was bevoorreg om verskeie gemeentes nuut te begin en van die grond af te help opbou. In die mooi sin van die woord was hy konserwatief, veral wat die kerkleer en -beginsels betref. Daarom het hy tot aan die einde van sy lewe gewaak en geveg vir die behoud van die gereformeerde waardes. Hy was ‘n man uit een stuk, wat nie afgewyk het van die koers waarin hy op die pad van die Here geloop het nie.

Sy lewensverloop lees soos ‘n boek. Hy is op 29 Maart 1932 te Heilbron gebore waar sy vader Johannes JacobusRautenbach geboer het. Sy moeder was Gesina Johanna Coetzer. Hy het sy skoolonderrig aan die Laerskool (1939-1946) en die Hoërskool Heilbron (1947-1950) ontvang. In hierdie tyd het hy baie in die boerdery belanggestel. Na skool het hy na die Universiteit van Pretoria gegaan waar hy ‘n BA-graad in 1953 en die Diploma in Teologie in 1957 behaal het. Hy is op 26 November 1957 gelegitimeer. In sy studentejare was hy primarius van Sonopmanskoshuis, tesourier van die Verenigde Studenteraad en die Sentrale Studenteraad en ook van die Pro Arte-vereniging.

Die tema van sy proponentsverhandeling is: “Die aanval van die Islam op die Christendom gedurende die sewende en agste eeue in die Midde-Ooste en Noord Afrika”.

Sy eerste gemeente was Dalview, Brakpan, waar hy op 22 Februarie 1958 georden is. Op 9 September 1962 is hy as leraar van die Gemeente Nelspruit bevestig en op 8 Desember 1963 van die Gemeente Herman Steyn in Vereeniging. Met die afstigting van Arconpark, is hy op Thy voice answers me, and I know that Thou, Eternal friend, art near me. “Sometimes I am sad and sick at heart, but when I think of Thee, Spirit ofperfect righteousness and love, a wonderful joy comes to me, for I know that thou art guiding me. O Lord of Hosts, surely Thou wilt ever comfort me. Blessed be Thy Name forever and ever. Amen. (Fratres’ Book ofPrayer); -DirkViljoen, na aanleiding van sy biografiese vorm wat hy op 27/01/1997 ingevul het, ‘n huldeblyk van Johan Rheeder en gegewens deur Maurien voorsien.