Rabie, Christiaan

 

GEBORE

5 Nov. 1845

OORLEDE

22 Jul. 1929

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1871

ORDEN

1871

standplase

Piketberg

1881 Swartland

Emeritus

1912

Ds. Christiaan Rabie 5 Nov. 1845 op Worcester gebore, en het sy skoolonderwys in die plaaslike skool onder wyle Mnr. N. Rowan ontvang. Na opleiding tot die evangeliebediening aan ons Teol. Seminarie is hy 10 Maart 1871 gelegitimeer en dieselfde jaar, op 27 Aug. as herder en leraar georden en bevestig van die gemeente Piketberg, wat hy bearbei het tot 1881 toe hy gegaan is na Swartland (Malmesbury); waar hy werksaam was tot 1912, toe hy weens klimmende jare emeritus geword het. As ‘n ernstige evangelieprediker, as lid van verskillende belangrike komnissies en as skrywer van gepaste leerredene het hy werk gedoen waardeur hy lank in geseënde en dankbare herinnering gehou sal word. Oorlede 22 Julie 1929.