GEBORE
14 Nov. 1918
OORLEDE
19 Jan. 1966
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1949
ORDEN
1950
standplase
1959 Koster-Derby
Emeritus
–
Ds. Paul Arnold Prosch: Hy is op 14 November 1918 op Lindley in die Vrystaat gebore. Na jare as spoorwegklerk het hy sy studies voortgesit, en is toe na die Kweekskool op Stellenbosch, waar hy in 1949 gelegitimeer is. Sy eerste gemeente was Durban-Wes; byna tien jaar later (1959) het hy die leraar van die gemeente Koster geword. Daar is hy skielik aan ‘n hartaanval oorlede, op 19 Januarie 1966, in die ouderdom van slegs 47 jaar. (Jaarboek 1967/566).