
GEBORE
6 Jan. 1910
OORLEDE
26 Mrt. 1980
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1951
ORDEN
1953
standplase
1953 Ferndale
1957 Potgietersrus
1967 Jansenville
1970 Greytown
Emeritus
1976
Ds. Johannes Hendrik Nicolaas Prinsloo (6.1.1910 26.3.1980) is na volbragte studie aan die Stellenbosse Kweekskool Desember 1951 tot die bediening toegelaat. Op 17.1.1953 word hy as leraar van Ferndale bevestig en daarna bedien hy Potgietersrus(1957); totdat hy 27.3.1966 om gesondheidsredes sy demissie aanvaar. Reeds die volgende maand gaan hy in tydelike hoedanigheid na die klein gemeente Nieu-Bethesda wat sedert Mei 1961 nie meer ‘n voltydse leraar gehad het nie. Toe hy egter spoedig weer beroepbaar verklaar word en ‘n beroep na Jansenville aanvaar; verlaat hy Nieu-Bethesda, Januarie 1967 na ‘n paar maande van onbaatsugtige en liefdevolle arbeid. Maart 1970 volg sy bevestiging in die gemeente Greymont in Johannesburg waar hy tot sy aftrede 25.1.1976 bly. Gedurende die laaste jare van sy bediening het verskeie hartaanvalle sy gesondheid ernstig geknou. (Jaarboek 1981/257).