GEBORE
16 Aug. 1952
OORLEDE
9 Jul. 1990
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
–
ORDEN
–
standplase
–
Emeritus
–
Hy is in die distrik Pietermaritzburg gebore as die oudste van vyf kinders. Van jongs af openbaar hy leierseienskappe: hy is hoofseun van sy skool, kaptein van die skool se rugbyspan en later Studenteraadslid aan die Vrystaatse Universiteit. Nadat by in 1970 aan die Hoërskool Voortrekker op Pietermaritzburg gematrikuleer het, skryf hy in vir die BA-graad aan die UOVS. Aan hierdie universiteit behaal by BA (1973); BA-Honneurs (1974) en MA (1975) – laasgenoemde twee grade albei in die Wysbegeerte. Hy sit sy teologiese studies aan die Universiteit van Pretoria voort waar by in 1978 die BD-graad behaal en in 1979 die Nagraadse Diploma in Teologie. Gedurende sy studiejare in Pretoria word hy vir twee agtereenvolgende jare tot klasleier verkies. Na voltooiing van sy militêre diensplig is hy op 27 Maart 1981 bevestig as leraar van die Ned Geref. Gemeente De Bloem in Bloemfontein. Hy werk met besondere ywer in hierdie gemeente en doen veral moeite met sy prediking, huisbesoek en jeugwerk. Te midde van die hoe eise wat ‘n middestadsgemeente stel, studeer hy steeds verder en behaal in September 1984 die Meestersgraad in Teologie. Na ‘n geseënde bediening van nege jaar in De Bloem, aanvaar hy ‘n beroep na Ladybrand-Moedergemeente waar hy op 19 Mei 1990 bevestig word. In hierdie gemeente het hy met groot entoesiasme begin arbei tot en met sy skielike afsterwe op 9 Julie 1990, terwyl hy besig was om te help met die afrigting van een van die dorp se rugbyspanne. Sy hele lewe was gekenmerk deur sy laaste woorde waarmee hy die span aangemoedig het: “Voluit, manne, voluit.” Hy het inderdaad voluit gelewe. Hy word oorleef deur sy eggenote, Louise, en drie kinders, Stefan, Hiloitse en Philippie. Saam met hulle dank ons die Here vir so ‘n herder, man en vader.