GEBORE
–
OORLEDE
–
UNIVERSITEIT
–
GELEGITIMEER
–
ORDEN
–
STANDPLASE
1967 Protektoraat
1970 Rustenburg-Wes
1975 Voorwaarts
1976 Demissie verdere studie
1977 Huisvader, pastorale raadgewer, Staanvas-sentrum
1979 Brakpan-Suid
EMIRITEER
31 Januarie 1996
Dr. Michael Frederik Müller Pretorius behaal die grade B.A. (Hons.) (Geskiedenis), B.D. en D.D. Hy het tussen 1967 en 1987 vier NG gemeentes bedien, terwyl hy ook van 1977 tot 1979 huisvader en pastorale raadgewer van die Staanvas-sentrum was. Op 29 November 1987 het hy oorgegaan na die APK en bedien die gemeentes Trans-Magalies (1988–1989) en Vryheid/Dundee/Glencoe van 6 Januarie 1990 tot hy op 30 Oktober 1993 beroepbaar gestel word. Op 14 Januarie 1995 word hy predikant van De Aar, waar hy sy emeritaat op 31 Januarie 1996 aanvaar.