
GEBORE
5 Des. 1883
OORLEDE
7 Des. 1955
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1915
ORDEN
1916
standplase
1925 Emeritus
1946 Argivaris, Transvaalse Kerk
Emeritus
1925
Dr. Hendrik Stephanus Pretorius is op 5 Desember 1883 in die distrik Pretoria gebore. Die graad van doktor in die Godgeleerdheid het hy in 1915 aan die Vrije Universiteit, Amsterdam, behaal. Dieselfde jaar nog is hy gelegitimeer, en die volgende jaar is hy in die gemeente Christiana bevestig. Na slegs nege jaar moes hy weens doofheid uit die bediening tree. Daarna was hy 16 jaar lank argivaris in die Staatsargief, Pretoria, en by sy uittrede uit die Staatsdiens is hy in 1943 benoem as eerste argivaris van die Transvaalse Sinode ‘n betrekking wat hy tot aan sy dood op 7 Desember 1955 beklee het. In hierdie betrekking het hy baan-brekerswerk gedoen. Verskeie artikels en brosjures van geskiedkundige aard het van sy hand verskyn.