
GEBORE
07 Jan. 1930
OORLEDE
04 Des. 2008
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1954
ORDEN
1955
standplase
1955 Sabie
1959 Orkney
1963 Klerksdorp-Wes
Emeritus
–
Ds Francois Pretorius (BA, BD) (07/01/1930 – 04/12/2008)
Francois Jacobus Joubert Pretorius is op 7 Januarie 1930 op die plaas Debore op die Springbokvlakte in die distrik Waterberg in die destydse Noord-Transvaal gebore. Sy voorouers was Voortrekkers: Debora Retief, die dogter van die trek leier Piet Retief, was Francois se oumagrootjie. Sy ouers, David Benjamin Pretorius en Aletta Sophia Joubert, was godvresende en hardwerkende boeremense, wat lidmate van die NG Gemeente Waterberg op Nylstroom was. Later het sy vader ook ‘n beesplaas by Thabazimbi gekoop, wat Francois geërf en deeltyds op geboer het tot met sy dood.
Francois het sy skoolopleiding in 1936 aan die Laerskool Welkom in die distrik Nylstroom begin, en het einde 1947 matriek aan die Hoërskool Nylstroom geslaag.
Francois het op ‘n CSV-kamp tot bekering gekom en die roeping ontvang om predikant te word. In 1948 het hy vir die graad BA (Admissie) aan die Universiteit van Pretoria begin studeer en daarna sy studies voortgesit aan die Fakulteit Teologie (Afd. B) op Tukkies. Aan die einde van 1954 het hy die graad BD behaal en hy is as proponent van die NG Kerk gelegitimeer. Op 11 Desember 1954 is Francois met Francis Kilian, ‘n onderwyseres, getroud. Op 11 Junie 1955 is hy met handoplegging in die NG Gemeente Sabie ontvang en bevestig. Hier het hy as ‘n predikant van die Ring van Lydenburg Oos-Afrika-gemeentes besoek wat deel was van die ringsgebied. In die winter van 1959 het hy leraar van die NG Gemeente Orkney geword.
In die herfs van 1963 het hy leraar van die NG Gemeente Klerksdorp Wes geword, later bekend as La Hoff gemeente, en in 1969 het hy ‘n beroep na die nuutgestigte NG Gemeente Krugersdorp-Oos aanvaar. In albei gemeentes was ds. Francois betrokke by die bou van ‘n kerk en pastorie. Met die spanning in die NG Kerk rondom die beleidstuk Kerk en Samelewing het sy gemeente hom gestuur om ‘n paar maande te gaan werk in Biesiesvlei in die Wes-Transvaal. Hy het hom onderskei as ‘n harde werker wat gereeld huisbesoek gebou het. Op Krugersdorp waar hy ‘n geseënde dienstyd van la;11 .iy emeritaat op 1 April 1992 aam .1.11 )ic
egpaar het op die dorp aangebly, hulle kon nou meer dikwels reis sy 1;1;v, by Thabazimbi waar hy reeds jare 1:111K deeltyds geboer het. Sy vrou skryf oor sy wegbreke na die plaas: “Daar kon hy werklik asem geskep en met nuwe ywer sy gemeentewerk aangepak.”
Al was hy afgetree, het hy nooi toplioti werk vir die Here nie, hy het gereeld gepreek en pastorale werk verrig. Die laaste paar jaar van sy lewe het die egpaar weer in hulle ou gemeente, hierdie keer in die Panorama-aftreeoord op Krugersdorp, gewoon, waar hy ‘n belangrike rol gespeel en steeds diep spore in die Ring van Krugersdorp getrap het.
Ds. Francois Pretorius is skielik op 4 Desember 2008 oorlede en is onder blyke van groot belangstelling begrawe. Hy word oorleef deur sy vrou, Francis, en vier kinders en sewe kleinkinders: Ina Nortje, ‘n dieetkundige in Johannesburg; Dawie Pretorius, ‘n besturende direkteur op Krugersdorp; dr Pieter Pretorius, ‘n bedryfsielkundige van Pretoria; en Alta Ehlers, ‘n onderwyseres op Krugersdorp.