Pretorius, Christiaan Van Niekerk

 

GEBORE

18 Feb. 1928

OORLEDE

25 Nov. 1999

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1951

ORDEN

1952

standplase

1952 Nieu-Bethesda

1957 Venterstad

1961 Meyerton-Suid

Emeritus

Ds. Christiaan Van Niekerk Pretorius (BA, BD) 18/02/1928 – 25/11/1999

Christi Pretorius is op 18 Februarie 1928 op Burgersdorp in die Kaapprovinsie gebore. Hy het aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer waar hy die grade BA en BD behaal het en in 1951 gelegitimeer is.

Sy eerste gemeente was Nieu-Bethesda waar hy op 26 Julie 1952 georden en bevestig is. In 1955 is hy met Elsie Susanna 30 Julie 1966 daar bevestig. Na vyf jaar het hy ‘n beroep aangeneem na die Wonderboom-gemeente in Pretoria. In 1975 is die Montana-gemeente afgestig van Wonderboom en is hy op 24 Januarie 1975 in die nuwe gemeente bevestig. Nog ‘n gemeente word in die Wonderboom area afgestig en hy word ook as predikant na die nuwe gemeente beroep. Op 1 Februarie 1980 word hy dusin die Gemeente Magalieskruin bevestig waar hy tot en met sy aftrede op 31 Julie 1995 arbei.

Tydens sy bediening in Dalview is hy met Maurien Susan Muller getroud – ‘n uiters musikale dame met ‘n deeglike musiekopleiding. Hulle het ‘n gelukkige huwelik gehad en vier kinders is gebore: Johan (27/07/1960); Riaan (05/12/1962); George (14/09/1965) en Susan-Marié (26/ 03/1970); Daar is ook reeds twee kleinkinders gebore.

Tydens hulle verblyf in Nelspruit het ‘n geweldige teenslag Maurien getref. ‘n Bepaalde mediese middel, streptomycin, waarvoor sy allergies was, het haar gehoorsenuwee sodanig aangetas dat sy in Oktober 1963 totaal doof geword het. Hierdie doofheid het egter geensins vir haar of die huisgesin tot stilstand gebring of van koers af gedwing nie. Sy het dit op ‘n baie besondere manier oorwin deur veral met haar oë te kommunikeer asook op skrif en liplees. Die merkwaardige hiervan is hoe sy, George en die kinders mekaar kon verstaan sonder dat sy ‘n geluid kon hoor. Boonop het sy nog jare daarna voortgegaan om orreliste te wees in meer as een gemeente! Soos Beethoven het sy die musiek wat sy op papier sien, in haar gedagtes gehoor. Predikante het deur middel van ligseine vir haar aangedui wanneer sy moes begin speel. En haar begeleiding was puik – almal het daarvan getuig. Daarby het sy met haar normale predikantsvrou-pligte voortgegaan en ‘n groot vriendekring opgebou. Voorwaar ‘n merkwaardige vrou.

Ook vir George het sy uitmuntend bygestaan tot die einde. Hy was hartstogtelik lief vir goeie kerkmusiek en het dit oral probeer bevorder. Sy ander organisasie- en uitvoerende talente het hy ook duidelik ingespan aangesien hy in nie minder nie as vier gemeentes kerkbouprogramme aan die gang moes kry, naamlik Dalview, Arconpark, Montana en Magalieskruin.

Hy het egter nie net met stene en sement gebou nie, maar ook die geestelike fondamente stewig gelê op die rots JesusChristus. Hy het, soos Jeremia, met die wapenrusting van die geloof waggestaan en voortdurend in sy gemeentes teen die insypeling van dwaalleringe, sekularisme en oppervlakkigheid in die kerk gewaak. Soos ‘n stoere profeet, het hy nie afgewyk van wat hy geglo het reg is nie. Hy het nooit gehuiwer om die Woord van God suiwer te bring nie. So lief soos hy was vir goeie musiek, so was sy lewe ook in meer as een opsig ‘n lofsang tot eer van God.

Hy het leiding gegee op ringsgebied en was afwisselend skriba of voorsitter van ringe. Hy het ook in die Ringsjeugkommissie en Sinodale Jeugkommissie van Suid-Transvaal gedien, sowel as jare lank in die Sinodale Begrotingskommissie van Noord-Transvaal.

Sy jongere kollegas het in latere jare al hoe meer na hom opgesien as mentor. Die prediking en pastoraat het vir hom voorop gestaan en hy was baie pligsgetrou in sy preekvoorbereiding en huisbesoeke.

Reeds aan die begin van 1996 het hy ‘n radikale prostatektomie ondergaan. Hy het geleidelik almeer verswak. Op 31 Julie 1995 het hy reeds sy emeritaat aanvaar en het die egpaar aanvanklik in hulle eie huis in Magalieskruin gebly. Hulle het later na Helderberg vertrek waar hy teen die einde van 1999 in die hospitaal opgeneem is – eers oor die nuwejaar’s naweek en toe vanaf 13 Januarie 2000 tot die einde op 31 Januarie.

Hy het vrede en berusting gevind en self verklaar dat hy nie net gereed is om te gaan nie, maar dat God ook al sy foute vergewe het. Ook sy eggenote en huisgesin is getroos. Maurien skryf:

“Sometimes I feel lonely and from the depths I cry unto Thee, and within me, Loots getroud en uit die huwelik is vier kinders gebore.

Sy tweede gemeente was Venterstad waar hy op 10 Augustus1957 bevestig is. Vanaf Augustus1961 was hy predikant by die gemeente Meyerton-Suid (Rothdene) en in 1967 het hy na die Meyerton gemeente geskuif waar hy tot 1972 gedien het.

Vanaf 1 Mei 1972 het hy oorgegaan na hospitaalbediening in Johannesburg. In hierdie hoedanigheid het hy vir bykans twintig jaar gearbei totdat hy in Julie 1992 geëmeriteer het. Ds. Christie het in hierdie tydperk talle pasiënte getrou besoek en vir hulle oneindig baie beteken. Baie van hulle kan getuig dat hy hulle na die Here gelei het.

Ds. Christie is in 1977 weer getroud met Miemie Schoeman en saam met haar het hy drie en twintig vreugdevolle en geseënde jare beleef. Na sy aftrede het hy nog sewe aangename aftree-jare geniet. In hierdie tyd was hy veral betrokke by die Margate-gemeente. Alhoewel hulle in Murrayfield in Pretoria gewoon het, het hulle die grootste deel van die jaar in Margate deurgebring. Hy het ook in verskillende gemeentes as gasprediker opgetree en uitgehelp waar nodig. Hy het baie belanggestel in die studie van tale en het nog ‘n paar jaar gelede ingeskryf by UNISA waar hy Zoeloe II geslaag het. Hy het belanggestel in snelskrif en het ook sommer gou rekenaarvaardig geword.

Vanaf 11 Maart tot 8 April 1999 het hy egter ‘n reeks ligte beroerte-aanvalle gekry. Sy kinders het hom gaan haal om in Pretoria by hulle tuis te gaan. Hy het geleidelik al swakker geword en is na die Wilgers-Hospitaal geneem waar hy uiteindelik oorlede is op 25 November 1999. ds. Christie was egter gereed om te gaan en het ook daarvoor gebid.

Hy het geweldige respek afgedwing by sy gesinslede en almal wat vir hom lief was en met hom te doen gehad het. As pa was hy ‘n wonderlike mens oor wie baie bladsye geskryf kon word. Hy was diep gelowig, liefdevol, beskeie en opreg. Sy heengaan laat ‘n geweldige leemte by Miemie, sy hele familie en vriendekring. Hulle eer sy nagedagtenis met liefde en pragtige herinneringe. – Sy dogter, mev. Elsabe Smit, aangevul deur Dirk Viljoen.