Pretorius, Abrahama Paulus

Ds. Pretorius

GEBORE

7 Nov. 1891

OORLEDE

31 Okt. 1948

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1921

ORDEN

1922

standplase

Leipoldtville

1924 Citrusdal

1930 Leeuwdoornstad

Emeritus

1941

Ds. Abraham Paulus Pretorius is op 7 November 1891 in die distrik Hoopstad, O.V.S., gebore. Sy skoolopleiding het hy te Hoopstad en Wellington ontvang waarna hy ook aan die Hugenote Kollege vir sy Intermediêre-B.A. studeer het. Sy admissie-eksamen het hy te Stellenbosch afgelê waar hy ook sy teologiese opleiding aan die Kweekskool aan die einde van 1921 voltooi het. Sy eerste gemeente was Leipoldtville wat hy gedurende twee jaar bedien het toe hy aan die begin van 1924 na Citrusdal vertrek het. In Maart 1930 is hy na Leeudoringstad waar hy weens swak gesondheid in 1941 sy emeritaat moets aanvaar. In al sy gemeentes het hy met groot seën gearbei. Hy was onverbiddelik streng waar dit die eer van sy Vader, die heiligheid van Gods Woord of huis gegeld het. Nogtans was hy teer van gemoed en innig vroom. Sy kragtige persoonlikheid en sy Christelike beslistheid het gepaard gegaan met innige liefde vir sy medemens. Ryk en arm is eenders behandel. Hy het oor ‘n sierlike kanseltaal beskik wat verenig was met ‘n pragtige en paslike voordrag. Deur sy prediking is sy gemeentes opgewek tot ‘n toegewyde en heilige lewe. Na ‘n lang lyding is hy op 31 Oktober 1948 Oorlede.