GEBORE
2 Des. 1886
OORLEDE
4 Sept. 1959
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1914
ORDEN
1915
standplase
Spoorwegprediker Tvl.
1919 Delmas
1926 Roodepoort
1931 Lichtenburg
1947 Rossville
Emeritus
1950
Ds. Theodorus Daniël Potgieter is op 2 Desember 1886 op Lady Grey gebore. Hy is in 1914 gelegitimeer, waarna hy vier jaar lank die eerste spoorwegleraar van die Transvaalse kerk was. Vervolgens het hy die gemeentes Delmas, Roodepoort, Lichtenburg (16 jaar lank) en Rossville bedien, tot sy emeritaat in 1950. Hy was ‘n talentvolle leraar wat in die gemeentes waar hy gestaan het, getroue en geseënde arbeid verrig het. Hy is op 4 September 1959 oorlede in die ouderdom van 73 jaar.