GEBORE
12 Jan. 1875
OORLEDE
20 Mrt. 1936
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1903
ORDEN
1904
standplase
Worcester (Hpr.)
1906 Murray
1918 Demissie
1920 Parow
Emeritus
1929
Ds. Matthys Gerhardus Potgieter is op 12 Januarie 1875 in die distrik Utrecht gebore. Na voltooiing van sy teologiese studie op Stellenbosch is hy in 1903 tot die bediening toegelaat. Van 1904 tot 1906 was hy hulpprediker van die gemeente Worcester. Sy eerste eie gemeente was Murray te De Doorns (1906-1918) en sy tweede en laaste was Parow-Goodwood (1920-1929); Tydens sy bediening is Goodwood afgestig tot ‘n afsonderlike gemeente. Nadat hy in 1929 op pensioen afgetree is en emeritus geword het het hy op sy plaas Cloetesdal, naby Stellenbosch gaan woon en daar is hy 20 Maart 1936 oorlede, na ‘n langdurige lye wat hy met geduld gedra het.