
GEBORE
10 Okt. 1905
OORLEDE
29 Mei 1966
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1938
ORDEN
1938
standplase
1959 Saakgelastigde en Argivaris
SWA en die Kommissie vir die Diens van Barmhartigheid
Emeritus
–
Hy is op 10 Oktober 1905 gebore, en nadat hy eers ‘n ander loopbaan gevolg het, is hy in 1938 gelegitimeer; daarna het hy sy hele bediening aan ons kerk in Suidwes-Afrika gewy. Hy was agtereenvolgens predikant van Gibeon en Okahandja, en het ‘n groot rol gespeel in die opbou van ons kerklike lewe en die selfstandigmaking van die Sinode van Suidwes-Afrika. Sedert 1959 was hy Saakgelastigde en Argivaris van ons kerk in S.W.A., sowel as sekretaris van die Kommissie vir die Diens van Barmhartigheid. Hy het ook in die Raad van Sabra gedien. Hy is op 29 Mei 1966 oorlede, in die ouderdom van 60 jaar. (Jaarboek 1967/566).