Potgieter, Johannes Petrus

 

GEBORE

OORLEDE

26 Jan. 1963

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1947

ORDEN

1948

standplase

Rustenburg-Noord

1949 Dwaalboom

1956 Oostelike Laeveld (Sendingwerkkring)

1962 Rivonia (Sending)

Emeritus

Ds. Johannes Petrus Potgieter het sy studie aan die Universiteit van Pretoria voltooi, waar hy ‘n leidende rol in die studentelewe gespeel het. Hy is in 1947 gelegitimeer, waarna hy die gemeentes Rustenburg-Noord en Dwaalboom bearbei het, voor-dat hy in 1956 met sendingwerk op Rivoni, in die Oostelike Laeveld, begin het. Hier het hy ‘n stasie opgebou en baie geseënde arbeid verrig. Hy was ‘n praktiese man wat die nuwe sendingstasie feitlik met sy eie hande opgebou het, vandaar dat hy as “die Laeveld se Albert Schweizer” bekend was. Hy het op 26 Januarie 1963 verongeluk toe ‘n watertenk wat hy besig was om op te sit, op hom geval het. Hy was slegs 35 jaar oud.