
GEBORE
30 Apr. 1930
OORLEDE
02 Jun. 1996
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1956
ORDEN
1957
standplase
1957 Amersfoort
1960 Capital Park
1966 Florida
Emeritus
–
Ds. Andries Petrus Potgieter 30.04.1930 – 02.06.1996
Ds. AP Potgieter is op 30 April by Boegoeberg-dam gebore. Sy skoolloopbaaan deurloop hy op Kakamas. Hy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en word gelegitimeer aan die einde van 1956.
Hy word in sy eerste gemeente, Amersfoort, georden op 05.04.1957 waar hy drie jaar arbei. Daarna word hy op 27.02.1960 in Capital Park, Pretoria bevestig. Sy volgende gemeente is Florida (28.01.1966) en daarna Upington-Oos (12.06.1974) en uiteindelik Ottosdal-Suid waar hy arbei tot op sy emeritaat wat hy op 24.05.1987 na 30 jaar in die bediening aanvaar.
Hy trou op 18 Desember 1954 met Susanna Adriana Elizabeth Scheepers en hulle het vyf dogters, naamlik Andra, Anna, Cithu, Vera en Ronel. Daar is tans agt kleinkinders. Hy was ‘n goeie man, pa en oupa.
Hy was ʼn vurige prediker en het sy bediening ernstig opgeneem. Hy was ‘n ernstige en streng man wat prinsipieel oor alles gedink het. In sinodes en ander plekke het hy altyd ‘n meer behoudende standpunt welsprekend gestel. Hy het byvoorbeeld sterk standpunt ingeneem teen gesagsposisies van vroue in die kerk en tug was vir hom baie belangrik.
Hy was bekend vir sy positiewe benadering. In 1949 het hy, as jong man, byvoorbeeld ‘n opstelwedstryd van ‘n Engelse koerant oor `The world we want’, gewen en daarmee ‘n drie maande lange oorsese reis verdien.
Na sy aftrede het hulle hulle op Ottosdal gevestig. Teen die einde van sy lewe het hy. hartprobleme ontwikkel en op die middag van 2 Junie 1996 is hy skielik in sy middagslaap Oorlede. – DJ Viljoen, aan die hand van ‘n gesprek met mev. S Potgieter.