GEBORE
–
OORLEDE
7 Aug. 1937
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1890
ORDEN
1894
standplase
Beaconsfield
1898 Onderwys te Amersfoort en Vryheid
1910 Philippolis (Hpr.)
1913 Durban (Hpr.)
1920 as Predikant gelegitimeer
1922 Herv. Kerk, Tvl.
Emeritus
–
Ds. Wilhelmus Petrus Johannes Poën, ‘n Hollander van geboorte, en vroeër in diens by die Roomse Kerk, het sy amptelike loopbaan as sendeling van die Ned. Geref. Kerk begin nadat hy op afgelegde eksamen uit die Sendinginstituut in 1890 toegelaat is. Sy eerste standplaas was die Beaconsfieldse Sendinggemeente. Daarna was hy as hulpprediker op Jacobsdal en Philippolis werksaam. In September 1913 is hy deur die Natalse Kerk aangestel as hulpprediker-sendeling om die klein gemeente in Durban te bearbei. Van die gemeente kan hy met reg die vader genoem word. Hy het baie vir haar geywer, en uit erkenning van sy groot en waardevolle dienste het die Natalse Sinode hom die statusvan predikant toegeken in 1920. In 1922 het hy na die Herv. Kerk oorgegaan en ‘n beroep aangeneem na Pietersburg, wat hy in 1926 verwissel het vir Potchefstroom, waar hy tot aan sy onverwagte heengaan aan die Natalse Kus op 7 Augustus 1937 met seën gearbei het. Die ontslapene was ‘n talentvolle en toegewyde dienskneg van God, wat hom ook met voorliefde op die digkuns toegelê het. En hy het die Ned. Geref. Kerk altyd ‘n goeie hart toegedra.