GEBORE
–
OORLEDE
Delmas-Sundra, Tvl
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
–
ORDEN
–
standplase
–
Emeritus
–
Ds. J.S.M. Pitikoe van Delmas-Sundra, Tvl., is op 25 Maart 1966 oorlede. By sy begrafnis was daar meer as nege sprekers, o.a. ‘n landdros, die moderator van die Sinode van die Suid-Transvaal, ‘n lid van die G.S.K., ‘n afgevaardigde namens die kerk van die O.V.S. Daar was 27 leraars en byna 2,500 mense teenwoordig. By die graf het die Sendingsekeretaris van Transvaal ‘n paar woorde gepraat en met gebed afgesluit. Wyle ds. Pitikoe se seun is leraar op Evander, en sy twee dogters is ook met leraars getroud. (Jaarboek 1967/571).