GEBORE
–
OORLEDE
24 Okt. 1972
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1931
ORDEN
1932
standplase
1932 Roodepoort
1936 Vrededorp
1938 uitgetree
1948 statusherstel
1965 Uit die bediening
Emeritus
–
Prof. dr. Philippus Villiers Pistorius, hoogleraar in Grieks aan die Universiteit van Pretoria, is op 24 Oktober 1972 – twee maande voor sy voorgenome aftrede – skielik Oorlede. Hy het ‘n uitsonderlike loopbaan as akademikus gehad en het later doktorsgrade in die klassieke van die universiteite van Leiden en Pretoria verwerf. Na sy opleiding aan die Stellenboschse Kweekskool, word hy einde 1931 gelegitimeer. Tot sy uittrede uit die aktiewe bediening in 1938, staan hy in die gemeentes Roodepoort (1932) en Vrededorp (1936); Hy was ‘n vrugbare en veelsydige skrywer. (Jaarboek 1973/466).